Japannese Argipel

Japannese Argipel
Inheemse naam: 日本列島 Nihon Rettō
Kaart van die Japannese Argipel
Kaart van die Japannese Argipel
Geografie
Ligging See van Japan, Stille Oseaan
Koördinate 37°31′N 137°42′O / 37.517°N 137.700°O / 37.517; 137.700
Argipel Japannese Argipel
Totale eilande 3 000
Hoofeilande Hokkaido, Honsjoe, Kioesjoe, Sjikokoe
Oppervlakte 377 944 vk km
Hoogste punt Foedji 3 776 m
Administrasie
Vlag van Japan Japan

Hoofstad Tokio
Grootste stad Tokio (13 617 445)

Demografie
Bevolking 127 799 000

Bevolkingsgroepe Japanners, Ainoe
Nasa-Satellietbeeld van Japan in 1999

Die Japannese Argipel (日本列島 Nihon Rettō?), wat die eilandnasie Japan vorm, strek van noord tot suid langs die ooskus van Asië, met die Stille Oseaan aan die ooste en die See van Japan in die weste. Die term Tuiseilande is teen die einde van die Tweede Wêreldoorlog gebruik om die gebied van Japan te definieer waartoe die land se soewereiniteit en grondwetlike heerskappy van die Keiser beperk sou word. Die term word ook vandag gebruik om 'n onderskeid te tref tussen die argipel en Japan se kolonies en ander gebiede in die eerste helfte van die 20ste eeu.

Die argipel bestaan uit meer as 3 000 eilande, insluitend die vier hoofeilande. Die Japannese Argipel se vulkane behoort tot die Ring van Vuur wat die Stille Oseaan van Nieu-Seeland tot Chili omsirkel. Saam met Foedji vorm die Japannese Alpe die belangrikste gebergtes van die Japannese Argipel.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search